MEER OOR FINSA
Die SAOU
bied ongeëwenaarde professionele verryking, professionele ondersteuning, kwaliteitdiens en waarde aan u, die lid. FINSA as u SAOU- vennoot in finansiering bied u waardevolle finansiële dienste.
FINSA - Finansiële dienste van Suid-Afrika is 'n onafhanklike kredietverskaffer wat huurkontrakte aan skole sowel as individuele en korporatiewe finansiering bied. Die maatskappy, wat in 1993 gestig is met die fokus op die verskaffing van finansiële dienste aan die SAOU-
lede en -skole, is in ooreenskoms met die bepalings van Artikel 40 van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005, soos gewysig, by die Nasionale Kredietreguleerder as Kredietverskaffer geregistreer.
FINSA bied 'n huurkontrak vir skole om maklik toegang te verkry tot busse, voertuie, rekenaarsentrums, sporttoerusting, CCTV-kameras, klankstelsels en alle roerende items waar skole saamstem met 'n vaste termyn. Artikel 36 van die SA Skolewet, skole mag nie lenings aangaan en rente betaal met skoolgelde sonder die toestemming van die LUR vir onderwys nie. Geen rente word kwoteer nie en die skool word as eienaar geregistreer.
FINSA bied ook finansiering aan vir besighede sowel as vir individue vir gebruikte en nuwe voertuie, woonwaens, bote, jetski's, fietse, motorfietse en nog baie meer!
ONS WAARDES
Vertroue, kwaliteit en diens.
Vertroue is 'n funksie, wat eerlikheid en integriteit ver oorskry. Ons vestig vertroue in terme van vyf kritieke komponente naamlik:
- integriteit
- bevoegdheid
- taakgerig
- kommunikasie
- en resultate.
Ons fokus is om voortdurend te streef na verbetering in ons verhouding met u ons kliënt sowel as in die dienste wat ons bied.
In ons benadering om kliënte se finansies te bestuur, glo ons in die beginsels van sorg en verantwoordelikheid.
ONS SPAN

Margie van Rooyen
Rekenmeester
